Nuwe Datum, Algehele Padsluitings En Ander Opwindende Veranderinge Vir Medihelp trapNET

(Centurion, 6 Junie 2019) Fietsry-liefhebbers kan uitsien na ‘n vrolike lente, wanneer die Medihelp trapNET op Sondag, 29 September 2019, na Tshwane terugkeer.  

SuperSport Park sal weereens die begin- en eindpunt van dié 95 km-fietsresies wees.

Die nuwe (en warmer) datum is een van die veranderinge wat die organiseerders tans maak om deelnemers ‘n beter fietsry-ervaring te bied terwyl hulle op Rendag deur die strate van Tshwane ry. Fietsryers kan uitsien na vyf water- en verversingspunte op die roete, terwyl hul ondersteuners by die einpunt vermaak sal word. Daar is ook prysgeld van R65 000 op die spel, asook pryse vir alle katagoriewenners.

Die resies het 80% padsluitings in 2018 geniet, en die organiseerders werk tans saam met die Stad- en Verkeersowerhede om die roete ten volle te sluit. Algehele padsluitings is ‘n belangrike komponent van enige groot padresies; dit dra by tot die veiligheid van alle deelnemers, terwyl nuwelinge met meer selfvertroue kan deelneem.  

Dit is die fietsresies se tweede bestaansjaar, en Medihelp, kykNET en die Stad Tshwane keer na ‘n suksesvolle 2018 terug as borge. Twizza en Mango Lugredery sluit vanjaar as nuwe borge aan.  

“Medihelp mediese fonds is trots om weereens die Medihelp trapNET te borg,” sê Heyn van Rooyen, hoofbeampte van Medihelp. “Met algehele padsluitings, die skuif na 29 September, en die fietsresies se amptelike status as keuringsresies vir die Cape Town Cycle Tour, het die Medihelp trapNET die potensiaal om een van die top-gebeurtenisse in Gauteng te wees.”

Keuringsresies en Verbeterde Wegspringtye

Die Medihelp trapNET is ‘n belangrike resies op die fietsrykalender vir diegene wat hul wegspringtye by ander prominente fietsrenne wil verbeter.  

Die Medihelp trapNET is die laaste fietsresies wat gebruik kan word om fietsryers se wegspringtye tydens die gewilde 947-fietsresies te verbeter. Dit is ook ‘n amptelike keuringsresies vir die 2020 Cape Town Cycle Tour.

Aksiebelaaide Naweek Met Ekspo, Junior-fietsresies

Fietsryers kan na ‘n aksiebelaaide naweek vir die hele gesin uitsien. Medihelp trapNET deelnemers moet hul registrasie op 27 of 28 September by SuperSport Park voltooi, waartydens fietsryers en hul ondersteuners ook die ekspo kan besoek om hul gesondheids- en sportinkopies kan doen.  

Die jongspan bly egter nie agter nie! Die trapNET Junior resies sal op Saterdag, 28 September plaasvind, en fietsryertjies kan ‘n een-, twee- of drie rondtes binne die veilige SuperSport Park-omgewing voltooi. Ouers kan hul kleingoed vanaf 1 Julie inskryf.

Die fietsresies is ‘n trotse ondersteuner van CHOC Childhood Cancer Foundation, die enigste organisasie in Suid-Afrika wat omvattende landwye ondersteuning bied vir kinders met kanker of lewensbedreigende bloedafwykings, en hul gesinne.

Besoek https://trapnet.co.za om vir die Medihelp trapNET in te skryf. Medihelp-lede kwalifiseer vir ‘n gratis trapNET inskrywing. Besoek www.medihelp.co.za/showcase/events vir meer inligting.

Besoek https://trapnet.co.za/ of stuur ‘n e-pos aan eventsupport@asgevents.co.za. Deel in die gesprekke op Facebook (https://www.facebook.com/trapnetcycling/) of Twitter (https://twitter.com/trapnetcycling). Rennavrae kan ook na eventsupport@asgevents.co.za gestuur word (met TrapNET in die onderwerplyn).

EINDE

UITGEREIK DEUR:            Medihelp trapNET Mediakantoor

MEDIA NAVRAE:              Leonie Mollentze

                Tel: 082 550 1514

                E-pos: leonie@ringmistress.co.za

RENNAVRAE:                   Renee Jordaan                                               

Organiseerder

Tel: 083 230 9963

                E-pos: renee@gameonevents.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *